+27 (0)12 643 3400

agrisa@agrisa.co.za

Block A, Inkwazi Office Park 1249 Embankment Road, Centurion, Gauteng

ARTICLE

Home      News      Article

Wêreld Omgewingsdag 2020


Biodiversiteitsverlies en Covid-19
Die COVID 19 pandemie herinner ons dat menslike gesondheid gekoppel is aan ons natuurlike omgewing se gesondheid. Coronavirusse is soönoties – met ander woorde hulle word oorgedra tussen diere en mense. Die wetenskap toon dat soönotiese siektes aan die toeneem is. Tans vind ongeveer 1 miljard siektes en miljoene sterftes jaarliks plaas vanweë soönotiese virusse. 60% van alle bekende aansteeklike siektes by mense is soönoties, asook 75% van alle ontluikende, nuwe aansteeklike siektes.

Wetenskaplikes voorspel dat indien ons nie ons benadering ten opsigte van die natuur verander nie, ons ‘n groter kans van verdere virus uitbrekings in die gesig staar. Ten einde verdere soönotiese siektes te voorkom, moet ons die veelvuldige bedreigings ten opsigte van ekosisteme en natuurlewe (insluitende habitat verlies en fragmentering), handel in bedreigde dier- en plant spesies, besoedeling, indringer spesies en klimaatsverandering aanspreek.

Wêreld Omgewingsdag 2020